Lewenslange herinneringe vir jou familie



Look@MyBaby® is ’n eksklusiewe diens net vir ouers en familie by lidhospitale.

Hospitaalbestuurders klik hier

Deel die eerste gapies, glimlaggies en gewoel

Families kan nou die vreugde van ’n nuwe baba deel soos nog nooit tevore nie.

Jou persoonlike aanlyn-Look@MyBaby Book™ hou ’n rekord van jou baba se mylpale. ’n Spesiale versameling aandenkings en herinneringe wat jou familie vir altyd sal koester.

Nooi jou familie en vriende om te deel in die opwinding terwyl julle die dae tel tot die groot dag.

Kondig die koms van jul nuwe baba met ’n wonderlike aanlyn-ervaring aan.

Deel Virtual Baby Visits™-video’s van die hospitaalkot en laat die familie in ware tyd deel in die unieke oomblikke.

Wanneer babas spesiale sorg nodig het

Hospitale gebruik die Virtual Baby Visit™-video in spesialesorg-babakamers en Neonatale Hoësorgeenhede (NHSE) om mammas en families te help om ’n band met hul pasgeborene te vorm wanneer hulle geskei is.

Look@MyBaby® het ’n hegte werksverhouding met elk van ons lidhospitale. Ons volg hul protokol vir die beste manier om ons diens te gebruik om families te help.

Wanneer sibbe en familielede nie toegang het tot sensitiewe areas soos die NHSE nie, bied Look@MyBaby® spesiale besigtigingskerms op die perseel.

Wanneer ouers sonder hul baba huis toe moet gaan, bied ons ook afstandsbesigtigingsdienste.

Wat mense daaroor te sê het

Die koms van ’n baba is ’n persoonlike tyd in jul lewe. Ons fokus daarop om aan julle ’n persoonlike diens te lewer deur ons Look@MyBaby®-skakelspan.

Look@MyBaby® Concierge Team

Die gevolg is wonderlike getuigskrifte van kliënte.

Jy kan op ons sosialenetwerkblaaie gaan kyk en aansluit by die gesprekke om eerstehands uit te vind wat ons doen en hoe Look@MyBaby® vir jou familie kan werk.

Julle kan ook oor ons lees en ons op TV sien in ons Nuus en Media-afdeling.

 

%MCEPASTEBIN%

Só werk dit

Die Look@MyBaby Book™ is ’n aanlyndiens vir families met ’n pasgeborene.

Geniet ’n private en veilige aanlyn-rekord van foto’s, video’s en persoonlike herinneringe. Dit sluit ’n Virtual Baby Visits™-videostroom in ware tyd vanaf die hospitaalkot in, onderhewig aan hospitaalprotokol.

Ouers sluit nou aan vir jul GRATIS rekening en nooi jul familie en vriende uit.

Look@MyBaby Cloud™

Julle kan jul eie selfoon, tablet of rekenaar gebruik om jul uitnodigings en toegang te beheer. Grootouers en familie gebruik ’n veilige en maklike gebruikernaam en wagwoord om op enige toestel aan te meld.

’n Persoonlike Look@MyBaby®-skakelpersoon vir elke familie verseker ’n seepgladde ervaring vir almal.



Baie geluk met julle nuwe baba :-)

As jy so gelukkig is om jou baba by ’n Look@MyBaby®-lidhospitaal te hê, moenie die geleentheid mis vir jou familie om ’n heel nuwe ervaring te beleef nie. Hulle sal mal wees daaroor.


Sommige van ons lidhospitale

images

"“Ons bied Look@MyBaby aan ons pasiënte om te verseker ons maak die meeste van die nuutste tegnologie en oplossings vir gehalte-gesondheidsorg.”"

- Sharul Bakar, Bemarkingsbestuurder

images

"“We implementeer graag vernuwende oplossings wat die gerieflike gesondheidsorgervaring wat ons ons pasiënte en hul families in al die afdelings bied, kan verbeter. Die reaksie van ons kultureel diverse families op die Look@MyBaby-diens was tot dusver fantasties, met ’n aansluitingskoers van meer as 90% in die eerste maand.”"

- Riaz Khan, Hoofbestuurder, Prime Hospital

images

"“Look@MyBaby is so wonderlik vir die familie, veral dié oorsee. Nou kan hulle die nuutste lid van die familie in die hospitaal sien.”"

- Sue Bradshaw, Bestuurder: Vroedvroudienste